Welkom by NEH4

Brandbestryding

Gewapende Reaksie

Alarms

Kameramonitering

NEH4 se visie

NEH4 se visie is om ‘n veilige toekoms vir Senekal en vir die omliggende boere gemeenskap te skep. Die doelwit is om n aktiewe, betrokke en gehegte gemeenskap te vorm waar mense vry is van vrees en angs oor hul veiligheid en kinders vrymoedig buite kan speel. Ons is toegewyd aan die voordurende verbetering in ons dienste om hierdie droom ‘n realiteit te maak.

LEER MEER OOR ONS STRAAT KAMERA PROJEK

NEH4 se missie

NEH4 se missie is die sentralisasie, organisasie en mobilisering van veiligheid en sekuriteit in Senekal en die omliggende omgewing.

NEH4 dien as ‘n kommunikasie skakel tussen die veiligheidsowerhede, veiligheidsrolspelers en die publiek. Ons streef daarna om n professionele diens te verskaf, wat gemoedsrus verseker in ‘n land waar ‘n toenemende misdadige element Suid Afrika gyselaar hou.  Ons verseker die veiligheid van ons gemeenskap deur dienste te lewer soos buurtwagdienste, CCTV kamera installasie, 24h kamera monitering, brandbestryding, gewapende reaksie, tweerigting radio kommunikasie en daaglikse patrollies. NEH4 het ‘n noue saamewerkingsband met al die verskeie veiligheidsowerhede. Dit bevorder strategiese samewerking en skep n positiewe gesindheid wat lei tot n ondeurdringbare veiligheidsnetwerk en dan ook ‘n afname in misdaad.

Ons pakkette is aanpasbaar en voorsien in al ons kliente se verskillende sekuriteitsbehoeftes. Ons verseker kliente van professionele en doeltreffende beskerming en veiligheid. Sekuriteit vir besighede, boerderye en individue is van kardinale belang in landelike gemeenskappe veral met die oog op toenemende georganiseerde en gesofistikeerde kriminele sindikate. Vertroue in NEH4 verseker  puik diens en samewerking met die gemeenskap teen n bekostigbare prys.

Ons personeel se opleiding is van hoogstaande gehalte en ons het spesialiste in verskeie gebiede wat die opleiding dryf. Werknemers se standaard word gereeld opgeknap op alle terreine ten einde die aanslag teen misdaad te verskerp. Ons fundamentele doel is om n veiliger omgewing vir ons gemeenskap te skep waarin plaaslike inwoners kan floreer.